Inligting vir vakansiegangers, Des 2017

sonsopkoms

Dis amper weer tyd vir ‘n welverdiende ruskansie vir almal en ons verwelkom al die besoekers aan die Suidkus.  Mag julle heerlik rus en na liggaam en siel verkwik word.  Vir julle gerief die volgende inligting: Eredienstye:  Elke Sondag om 09:00. Versoeningsdag, 16 Des.  Erediens om 09:00 by Ned Hervomde Kerk, Scottstraat 3, Port Shepstone. Kersdag, 25 Des.                Erediens om 09:00 in ons kerkgebou. Kom besoek gerus ook ons pannekoekstalletjie by Margate Mardigrass [langs die Poskantoor], elke Woensdag…

Basaar, 04 Nov 2017 vanaf 08:00!!!

Moet nie ons heerlike basaar misloop nie! Daar is heerlike eetgoed, pragtige plante, boeke, handwerk, tweedehandse items en nog baie meer! Daar is ook vet pret vir die jongspan met ons “Fun-o-lympics”! Kontak Liana, sel 084 581 3809 vir meer inligting.

Reformasie 500: Ecclesia Semper Reformanda  

Hier volg die laaste artikel in ons reeks oor Reformasie 500. Weereens baie dankie aan Thys Lourens wat dit vir ons geskryf het. Wat ‘n voorreg om te kan sien hoe God sy kerk deur die eeue bewaar het en nog steeds bewaar!     Die kerk is gewortel en gegrond in die versoeningswerk van Christus wat uit genade aan ons geskenk word, deur die geloof aanvaar word, met die Skrif as hoogste gesag, tot eer van God. Dit is deur sommige genoem: die suiwer…

Reformasie 500: Nie sonder stryd

Die koms van die Reformasie was sinoniem met stryd en vervolging. Die hewige reaksie van die gevestigde Roomse kerk het uitgeloop op bloedige vervolging.  Daar was welliswaar ook fanatiese elemente onder die nasate van die Reformasie, maar die Hervormers was skerp daarteen gekant. Dit is egter veral die Protestante wat die spit afgebyt het. Daar is op baie plekke genadeloos toegeslaan op weerlose gelowiges. Met die herroeping van die Edik van Nantes het die bloed in die strate van Parys gevloei. Op ‘n stadium was daar volgens sommige amper 2…

Reformasie 500: Uitbreiding en vervolging

Die Reformasie het sy onstuitbare loop geneem vanuit Duitsland en Geneve en soos ‘n suurdeeg op talle plekke in die wêreld ingedring. Die historikus Peter Hammond, saam met baie ander historici, stem saam dat waar die Evangeliese waarhede ingedring het, dit verreikende gevolge gehad het vir staatkundige, sosiale, onderwys en ekonomiese  terreine. Om maar een voorbeeld te noem: ‘n werksetiek waar die klem lê op verantwoordbaarheid teenoor God en die onderwerping van die skepping volgens die kultuuropdrag lei tot arbeidsaamheid, ekonomiese voorspoed en wetenskaplike ontwikkeling. Tragies genoeg egter het…

Reformasie 500: Die Hervormers en die erediens

Die Hervormers het van die begin af die uiterste belangrikheid van die erediens beklemtoon. Die Woord moes sentraal staan. Die gemeente moes aktief deelneem. Die moedertaal moes gebruik word (teenoor Latyn). Die passiewe toekyk van die gemeente terwyl die Liturg alles doen is drasties verander.  Al die frillings en fraaiings van die Roomse erediens is hersien en vernuwe (hoewel Luther ‘n meer toegeeflike siening gehad het). In sommige gevalle het die Reformatore dalk  inderdaad oorreageer. Kunswerke en ‘windpype’ (orrels) is afgebreek en  ander instrumente verbied. (Interessant…

Reformasie 500: Calvyn en die sending

Daar is verskeie wanpersepsies oor Calvyn. Een daarvan was dat hy (en dan word daar ‘n steek in die rigting van van die Calvinisme in die algemeen gegee) nie ‘n hart gehad het vir die sending nie. Die feite weerspreek dit (in ag genome dat dit ‘n stryd om oorlewing te midde van ongekende vervolging vir die jong Refomatoriese kerk was). Die eerste pionier sendeling wat hy vanaf Geneve na Frankryk uitgestuur het is drie maande later vermoor. Dit het hom egter nie gestuit nie.…

Reformasie 500: “Ek is bereid om oor 10 oseane te vaar.”

Calvyn was uitermate begaan oor die eenheid van die kerk. (Ef 4:4,5).  Reeds in 1539 skryf hy uit Strasbourg aan iemand in Geneve: “My grootste smart is die verdeeldheid in die kerk”. Om Calvyn (en Luther) as kerkskeurders te sien is derhalwe  van alle waarheid ontbloot. Calvyn het ‘n uitgebreide korrespondensie gevoer met Lutherane, Anglikane en ander groeperinge. Hy skryf aan Biskop Cranmer: “Ek is bereid om oor 10 oseane te vaar vir die eenheid van die kerk”.  Hy het selfs ‘n Lutherse belydenisskrif onderteken…

Reformasie 500: Calvyn en die Institusie  

  Calvyn het reeds op 26 jarige leeftyd die eerste manuskrip van sy Institusie die lig laat sien. In hierdie geskrif gee hy ‘n samevatting van die Reformatoriese waarhede. Dit is daarna verskeie kere hersien.  Die Institusie was nie bedoel om ‘n gewigtige teologiese geskrif te wees nie, maar ‘n verstaanbare opsomming van geloofswaarhede vir gewone gelowiges, wat later sy neerslag in verskeie kategismusse gekry het. Dit bestaan uit 4 dele: Om God te ken en onsself te ken… en, voeg hy by, hou in gedagte…

Reformasie 500: Calvyn terug in Geneve

Calvyn het Geneve verlaat…en gehoop om hulle nooit weer te sien nie. Die hoofrede vir die onenigheid was die spanning tussen die politieke Raad en die kerk. Calvyn het geglo dat die kerk in kerklike sake onafhanklik van die staat moet wees. Die Raad wou allerlei beperkinge op die kerk lê en selfs voorskryf hoe nagmaal gevier moet word.  Met Calvyn in Strasbourg het die probleme in Geneve egter nie opgehou nie: die spanning tussen die verskillende faksies het al erger geword. Oor een ding was daar…