Basaar 2014: 3 dae oor

Die opgewondenheid loop hoog en die geskarrel om die laaste dingetjies klaar te kry, raak al hoe meer!  Die wit olifanttafel loop oor, die “minute to win it” se apparaat is kant en klaar, die boeke begin opstapel en die reuk van heerlike pasteie het heeldag in die saal gehang!  Die plante het hul vere reggeskud, die pannekoekbakkers, bakkers, braaiers, ens is slaggereed en die biltong en droë wors laat almal se monde water!  Moenie ‘n sekonde van al die opwinding mis nie! Ons sien…

Nuwe Webwerf

Ons webwerf het ‘n splinternuwe baadjie gekry en ons sien baie daarna uit dit te begin gebruik.  Baie dankie aan Lanie Uys van <b>LEAF design wat al die harde werk gedoen het om dit op te stel en aan Martyn Nagtegaal vir die pragtige foto’s bo-aan die bladsy.  Die idee is dat die webwerf baie meer inter-aktief sal wees en ons sien baie daarna uit om terugvoer te kry van julle.  Ons is nog in die proses om seker te maak dat alles 100% werk,…

Basaar 2014: 7 dae oor!

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse basaar en die wiele spin behoorlik soos wat almal werk om alles voor te berei.  Kom besoek ons vir heerlike wildsbiltong, droë wors en vars wors, heerlike gebak (sout en soet), handwerk, juwele en al die eetgoed wat onlosmaaklik deel is van ‘n basaar.  Veral as die tema is: Uit toeka se dae.  Dan is daar natuurlik “Minute to win it” met ‘n moontlike prysgeld van R5 000.00! Datum en tyd:  Saterdag, 31 Mei 2014 vanaf 08:00. Plek: …