Inligting vir vakansiegangers

Ons verwelkom graag al die besoekers aan die Suidkus en wens hulle ‘n heerlike rustydjie toe. Net om dinge bietjie makliker te maak, hiermee inligting oor ons aktiwiteite gedurende die vakansie. Eredienste elke Sondag om 09:00. 16 Desember 2014 – Erediens om 09:00 by Nederduitsch Hervormde Kerk, Scottstraat 5, Port Shepstone. 25 Desember 2014 – Erediens om 09:00 in ons kerkgebou. 17, 23 en 30 Desember – Kom loer gerus in by ons pannekoekstalletjie by Margate Mardigrass, reg langs die poskantoor.

Kerssanggeleentheid, 07 Desember 2014 vanaf 11:00

Die koor kliphard aan die oefen vir Sondag se sanggeleentheid! Dit begin om 11:00 en daarna gaan ons lekker kuier om ‘n koppie tee en ‘n eetdingetjie.  Baie dankie ook aan elkeen wat ‘n kospakkie/donasie geskenk het .  So kan ons ook die gawes van God met ander deel.  Baie dankie ook aan Betsie vir al die reëlings.  Ons sien baie uit na hierdie geleentheid en nooi almal uit om dit by te woon.