Fokustyd, week 3 – Woensdag
Woensdag – Gebed en wêreldsheid v Jak 4: 1-10 v Wat sou jy sê is die invloed van ‘die wêreld’ op jou gebedslewe? v Wat is die gewaarborgde manier om nie antwoorde op jou gebede te kry nie? God en die wêreld is nie op dieselfde missie in dieselfde rigting nie. En jy kan ook nie in albei rigtings bid nie. ‘n Verdeelde hart tussen God en die wêreld lei tot selfsugtige gebede. Selfsugtige gebede lei tot onbeantwoorde gebed. Dit lei daartoe dat ek uiteindelik self die stryd opneem om te kry wat ek eintlik wil hê as seën: die dinge van God en nie God opsig self nie. Maar wanneer ek nederig my hele wese aan God onderwerp en die versoekings om my hart te verdeel weerstaan, sal Satan vlug en my Here sal my oplig uit die verwarring!