Reformasie 500: Die jong Calvyn

‘Jehan Cauvin‘ is gebore op 10 Julie 1509  in Noyon, Frankryk, van kleins af ‘n uitsonderlike kind, in die atmosfeer van die kerk, ‘n gegoede omgewing en adellike konneksies. Sy vader was die sekretaris van die biskop van Noyon. Op 12-jarige leeftyd begin hy al klerklike werk vir die biskop doen. Hy studeer  aan die Universiteit in Parys en later Orleans en Bourges in Filosofie, Regte en klassieke werke.  Lutherse Reformatoriese idees het Frankryk binnegedring wat die jong Calvyn baie aantreklik gevind het, … maar dit was…

Reformasie 500: Luther, die inkpot en die duiwel

As toeriste die Wartburg kasteel besoek waar Luther die Bybel vertaal het, het die gids gewoonlik die groep na Luther se sel geneem waar ‘n donker kol teen die muur die inkvlek sou wees waar Luther die inkpot na bewering na die duiwel sou gegooi het. Die waarheid van die storie kan nie voor ingestaan word nie, maar dit is algemeen bekend dat Luther onder baie swaar aanvegtinge geleef het. Dit is ook verstaanbaar dat hy die teiken van hewige aanvalle sou wees. Die vertaling van…

Reformasie 500: Luther se bekering (2) – Die regverdige sal deur die geloof lewe  

  Luther was besonderlik aangetrokke tot die 2 boeke Galasiërs en Romeine.en het dit dan ook op universiteit gedoseer. Dit was asof hy diep in sy binneste geweet het dat die antwoord op sy worsteling in hierdie boeke verskuil lê. En toe op ‘n dag lees hy Rom 1:17. Natuurlik het hy dit al vantevore ook gelees, maar hierdie slag was dit asof die woord in al sy krag en heerlikheid voor hom oopgebreek het. Hy skryf dan ook later “dit het vir my gevoel of…

Reformasie 500: Luther se bekering (1)

Dit was ‘n groot oomblik vir die jong priester, soos wanneer ‘n  predikant sy intreepreek lewer. Die galery sit vol familie en vriende. Ouers wat jare lank opgeoffer het om hulle kind te laat studeer is in die gehoor. Luther moet sy eerste mis bedien. Skielik word hy oorweldig deur die gewydheid van die oomblik. Hy moet die woorde sê : “Ons offer aan U, die lewende ware God”. Hy  versteen. Hy kan nie ‘n woord uitkry nie. Later skryf hy daaroor: “Ek was absoluut vreesbevange.…

Reformasie 500: Die Pre-reformasie

Die idee bestaan soms dat die vlammetjie van geloof in die tyd voor die Reformasie heeltemal gedoof was.  Dit is egter nie waar nie. Daar was deur die eeue heen altyd die ‘7000 wat die knie voor Baal nie gebuig het nie.’  (1 Kon 19:18). God het nog altyd sy kerk in stand gehou. Daarvan is daar heelwat voorbeelde, maar ons noem maar twee. Daar was bv die Waldense, ‘n organisasie wat in die 12de eeu ontstaan het onder die leiding van Petrus Waldo, ‘n ryk sakeman…