Reformasie 500: Luther se bekering (2) – Die regverdige sal deur die geloof lewe  

  Luther was besonderlik aangetrokke tot die 2 boeke Galasiërs en Romeine.en het dit dan ook op universiteit gedoseer. Dit was asof hy diep in sy binneste geweet het dat die antwoord op sy worsteling in hierdie boeke verskuil lê. En toe op ‘n dag lees hy Rom 1:17. Natuurlik het hy dit al vantevore ook gelees, maar hierdie slag was dit asof die woord in al sy krag en heerlikheid voor hom oopgebreek het. Hy skryf dan ook later “dit het vir my gevoel of…

Reformasie 500: Luther se bekering (1)

Dit was ‘n groot oomblik vir die jong priester, soos wanneer ‘n  predikant sy intreepreek lewer. Die galery sit vol familie en vriende. Ouers wat jare lank opgeoffer het om hulle kind te laat studeer is in die gehoor. Luther moet sy eerste mis bedien. Skielik word hy oorweldig deur die gewydheid van die oomblik. Hy moet die woorde sê : “Ons offer aan U, die lewende ware God”. Hy  versteen. Hy kan nie ‘n woord uitkry nie. Later skryf hy daaroor: “Ek was absoluut vreesbevange.…

Reformasie 500: Die Pre-reformasie

Die idee bestaan soms dat die vlammetjie van geloof in die tyd voor die Reformasie heeltemal gedoof was.  Dit is egter nie waar nie. Daar was deur die eeue heen altyd die ‘7000 wat die knie voor Baal nie gebuig het nie.’  (1 Kon 19:18). God het nog altyd sy kerk in stand gehou. Daarvan is daar heelwat voorbeelde, maar ons noem maar twee. Daar was bv die Waldense, ‘n organisasie wat in die 12de eeu ontstaan het onder die leiding van Petrus Waldo, ‘n ryk sakeman…