“Jumbo jumble sale”, 03 en 04 Mei 2018

Na baie weke se mooivra vir voorraad (en die gemeente se oorweldigende reaksie op die versoeke), baie ure se uitsorteer en prys, soek na plek om alles te bêre (die stoorkamer is vol, die gat is vol, die kantoor is vol) het die groot dag uiteindelik aangebreek!  Van vroegdag af het Hester en haar span (Judy, Mariana en Hettie – met seer arm en al) begin brood smeer en jaffles bak, die tafels is reggesit (olv Gert) en toe begin die groot uitpak!  Die twee…