Boodskap (ds Garrie)
Lees Filippense 3: 1-16 Wanneer maak ons geloofsvullis bymekaar? As ons te veel waarde heg aan uiterlike, menslike dinge. Paulus was voor sy bekering besig om dit te doen. Hy het te veel daarop vertrou dat hy op die agste dag besny is, ‘n gebore Israeliet uit die stam van Benjamin is, die Joodse wette stiptelik uitgeleef het, ens. Dit moes sy saak met God reggemaak het. Dit moes vir hom as Ou Testamentiese kerkganger sy ewige toekoms verseker het. Die Here…