Nuuswaardighede

Algemene inligting vir derde kwartaal

So begin ‘n nuwe kwartaal te midde van heerlike reën en lekker koue weer! Ons wil graag alle ouers, skoliere en kategete ‘n voorspoedige kwartaal toewens. Sterkte veral vir die matrieks vir wie die tyd nou vinnig minder word! Soos gewoonlik is dit ‘n vol kwartaal met allerhande aktiwiteite, so loer gerus by “Aktiwiteite” om te sien wat alles gaan gebeur die volgende paar maande en dagboek dit sommer solank.  Ds Garrie gaan volgende week die algemene vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging te Potchefstroom bywoon en sal uithuisig wees van Maandag tot Vrydag.  Die fokus van die vergadering is die hele kwessie van gemeentegroeibediening.  ‘n Baie groot dankie ook aan almal wat so ywerig gehelp het met die pannekoekbakkery tydens die vakansie.  Dit bly ‘n belangrike deel van ons fondsinsamelingsaksies en ons kuier ook sommer lekker so tussendeur en leer mekaar beter ken!

Pannekoekbak Jul 2015

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *