Basaar, Rommelverkoping en Bybelstap

Wat ‘n feestelike geleentheid was die basaar nie! Ons dank God vir Sy voorsiening en sorg!  Die rommelverkoping was ook ‘n reuse sukses! Op 16 Junie het ‘n klompie gemeentelede deelgeneem aan NG Kerk Port Shepstone se stap vir Bybelverspreiding.  So al stappende kon ons ook ‘n bydrae lewer tot hierdie groot werk. Hier is so ‘n paar foto’s van al die lekkerte.

Basaar, 03 Junie 2017 vanaf 08:00

En daar is dit alweer amper sulke tyd! Die handwerk pronk, die plante groei welig, die koeksisters blink en almal is besig om hul vere reg te skud vir die feestelikheid!  Daar gaan ‘n heerlike plaasontbyt , die gewone vetkoek en maalvleis, sosaties, pannekoek, poeding, gebak, ens. wees.  Daar sal ook beesvleis van Kokstad beskikbaar wees.  Kontak gerus vir Liana Schutte, sel 084 581 3809 vir meer inligting.  Sien jou daar!