Fokustyd, Week 1, Saterdag

Saterdag – Die onverwagte plekke van die missie

 

o Johannes 4: 1-26

o Wat leer jy uit die vrou se vraag in vers 9?

o Wat is belangrik om te verstaan oor waar God aanbid kan word? vers 21-24.

 

Samaria was buite perke vir goeie Jode. Samaria was ‘n provinsie waar mense van gemengde ras en gemengde godsdienste geleef het. Baie Jode het met ʼn langer ompad gereis om net die plek te vermy. Jesus het nie. Hy het gegaan waar niemand anders wou gaan nie. Hy het ook in die openbaar met ‘n Samaritaanse vrou gepraat. Dit kon baie probleme vir Hom veroorsaak. Maar op daardie plek is Hy in staat om in die hart van ‘n stukkende vrou te bereik wat niemand anders sou kon bereik nie. ‘n Ondenkbare persoon in ‘n ondenkbare plek hoor van ondenkbare genade omdat Jesus gegaan het waar dit ondenkbaar was. Jesus wys haar dat enigiemand van enige plek God kan aanbid in enige gewone plek. Moet hierdie plekke of mense in jou lewe nie net vermy nie… Die missie van God roep jou dalk juis soontoe. Bid hieroor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *