Fokustyd, week 6 – Woensdag

Woensdag – Ware godsdiens?

v Romeine 12: 1, 2

Die genade van God in Christus roep jou om jouself met opoffering vir sy diens te gee deur jou lewe en jou keuses. Dit is die ware kern van godsdiens, eerder as ʼn godsdiens-sisteem met rituele of tradisies waaraan jy kan deelneem sonder dat jou hart daarin is. Om op hierdie nuwe manier oor jouself te dink sal jou help om werklik agter te kom wat God se wil vir jou is. Waar is jy besig met dinge wat nie pas by Romeine 12 se definisie van ware godsdiens nie? Beoefen jy ware godsdiens, of godsdienstige rituele?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *