Leezel Eloff, Marié en Fanie du Plessis

“Jumbo jumble sale” en Basaar, 03 en 04 Mei 2019

Nog net 5 slapies voor die basaar (04 Mei) en die opgewondenheid loop hoog! Maak gerus ‘n nota in jou dagboek dat jy dit nie misloop nie! Daar gaan ‘n heerlike ontbyt wees van roereiers, spek, kaasworsies, plaatkoekies en nog lekker dinge, heerlike sosaties, jafels, poeding, boereworsbroodjies en sommer baie meer! Die handwerk is pragtig en kreatief, die gebak uit die boonste rakke en plante te kus en te keur. By ons “Jumbo jumble sale” op 03 Mei en die wit olifanttafel op 04 Mei, kan jy wonderlike winskopies raakloop. Sien jou daar!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *