Plakkaat Mei 2019

“Jumbo jumble sale” en Basaar, 03 en 04 Mei 2019

Dis weer amper sulke tyd! Ons hou op 03 Mei ons “Jumbo Jumble Sale” vanaf 06:30 waar jy letterlik enigiets van ‘n kopspeld tot haarkrullers en alles tussenin, kan kry! Vir meer inligting hieroor, kontak asb. vir Ina Louw. Die “oggendstond het goud in die mond”, so ons sien jul vroeg-vroeg! Saterdag, 04 Mei begin ons basaar om 08:00 en hier kan jy heerlike eetgoed, ‘n spesiale ontbyt, plante, handwerk, tuisgebak en nog meer, kom geniet! Doug Hannaway en Liana Schutte kan help met meer inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *