Nuuswaardighede

Nuwe Webwerf

Ons webwerf het ‘n splinternuwe baadjie gekry en ons sien baie daarna uit dit te begin gebruik.  Baie dankie aan Lanie Uys van <b>LEAF design wat al die harde werk gedoen het om dit op te stel en aan Martyn Nagtegaal vir die pragtige foto’s bo-aan die bladsy.  Die idee is dat die webwerf baie meer inter-aktief sal wees en ons sien baie daarna uit om terugvoer te kry van julle.  Ons is nog in die proses om seker te maak dat alles 100% werk, so as daar êrens ietsie is wat nie reg werk nie, gebruik asb. die e-pos fasiliteit en laat weet ons daarvan.

 Net so ‘n bietjie nuttige inligting:

  • As jy van enige bladsy terug wil gaan na die tuisblad, kliek net weer op die naam “Gereformeerde Kerk Suidkus” bo-aan die bladsy.
  • By die foto’s kan jy meer inligting oor die foto sien as jy met die muis daaroor beweeg en as jy dit oopmaak, kan jy die hele foto sien.  Onderaan die bladsy is daar ook ‘n funksie waar ‘n mens kommentaar kan lewer.
  • Die “sluit aan” funksie gee aan jou die geleentheid om jou e-pos in te tik en dan ontvang jy al die nuutste inligting wat op die webwerf gelaai word.  

 

One thought on “Nuwe Webwerf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *