Ons Bemark

Die volgende boeke is beskikbaar by ons kerkkantoor. Kontak asb. vir Liana Schutte, tel 084 581 3809 of e-pos: gksuidkus@gmail.com. Alle pryse sluit posgeld in.

Stemme uit die Vrouekampe
Droomlekker Dopper Disse
Ek sê dankie, Here
  • Stemme uit die Vrouekampe
      stemvroue

    Hierdie boekie is ’n ware erfstuk en bevat beëdigde verklarings deur vroue van hulle ondervindings in die konsentrasiekampe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902(Anglo Boere-Oorlog). Dit is oorspronklik versamel deur mevrou Postma van Middelburg en uitgegee op 7 September 1925. Die boek was uit druk en is op 07 September 2010 heruitgegee deur die Gereformeerde Kerk Suidkus.

    Prys:

    5 of 10 boeke = R130 per boek posgeld ingesluit, 1 boek = R140 posgeld ingesluit, OF R120 by kerk ontvang.

  • Droomlekker Dopper Disse
    dopdis

    ‘n Spesiale resepteboek wat spog met die gunsteling- en beproefde resepte van die bobaaskokke van die gemeente. Propvol voorgeregte, hoofgeregte en nageregte, teetyd-, koffietyd- en “ENIGE tyd”-geregte. Met spesiale wenke EN ‘n afdeling vir kosallergieë is dit ‘n wenner-resepteboek.

    Prys:

    R70.00

  • Ek sê dankie, Here
    dadsboek

    Hierdie boekie is opgestel deur ds Garrie Schutte. Die inhoud volg die gedagtelyn van die belydenisskrif, die Heidelbergse Kategismus, Sondag 32 – 52. Daar word uit ‘n bepaalde hoek na elke belydenis gekyk en daarom word daar by bepaalde tekste aangesluit. Ek sê dankie: as ek my radikaal bekeer; as ek ‘n daad-christen word, as ek die Here eerste stel; deur die regte beeld van God te bou; wanneer ek God se reputasie respekteer; deur my Rusdagviering reg te balanseer, deur gesagsdraers te eerbiedig; deur ander se lewe te respekteer; as ek my weerhou van seksuele losbandigheid; as ek my stoflike gawes reg gebruik; deur my by die waarheid te hou; as ek my hart bewaar; as ek vanuit die regte motiewe bid; as ek die Here in die regte kinderlike gesindheid aanroep; as ek bid dat God in alles geëer word; as geld; as ek voldoende God se wil eet; as ek gerig op God vra vir versorging; as ek nie altyd aan ander gee wat hulle verdien nie; as ek myself bemagtig teenoor die Bose; as ek turbo-aangejaagde gebede bid.

    Prys:

    R45.00