Swaeltjies

Ons is in die bevoorregte posisie dat daar elke jaar tydens die wintermaande ‘n aantal besoekers vir ‘n paar maande by die see kom uitspan.

Baie welkom by ons en mag julle ‘n geseënde tydjie hier hê. Ons wil u graag deelmaak van ons gemeente en daarom vra ons dat u asb. die Admin Beampte kontak, Liana Schutte, sel 084 581 3809 of per e-pos: gksuidkus@gmail.com.

HEBREËRS 13:2

Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.