48407410_2113721141999372_7861206588944547840_n

Oorsig – 2020

Die jaar 2020 is een wat nie sommer gou vergeet sal word nie en het ‘n groot impak op feitlik elkeen van ons gehad.  Tog kan ons aan die einde van die jaar terugkyk en God dank vir sy genade en versorging van ons gemeente.  Tot dusver het nie een van ons gemeentelede Covid-19 opgedoen nie en ons weet dit is net God se voorsiening.  Hier volg so ‘n kort oorsig oor ‘n paar gebeure die afgelope jaar:

02 Feb   Ds Garrie emeriteer en na bietjie meer as 21 jaar in die bediening  (waarvan 10 jaar en 5 maande in Suidkus) lewer hy sy afskeidspreek.  Die gemeente bid hom ‘n voorspoedige aftrede toe en ook God se ryke seën op die teologiese opleiding waarby hy betrokke is.

IMG_0220 Crop

07 Mrt  120 Susters vanoor die hele KZN – Vryheid tot Empangeni, Newcastle tot Amanzimtoti en almal tussenin – wat ‘n voorreg was dit nie om almal hier te ontvang nie! Die weer het saamgespeel met ‘n heerlike sonskyn dag en die lekker kuiers het almal se harte sommer warm gemaak! Die pragtige blomme in die voorportaal, kerk en saal het die tonge aan die praat gehad! Die uitstallers het ons ons laat verkyk aan mooi handgemaakte items en silwer juweliersware en diep laat grawe in ons beursies! Daar was ‘n heerlike ontbyt wat ons sommer krag gegee het vir die res van die dag. Heerlike samesang het die regte atmosfeer geskep vir ons gaskunstenaars en spreker. Marietjie Beukes en Robin Ransom het ons weggevoer met hul vertolkings op die klavier en klarinet. Ons gasspreker, dr Peet Vermeulen van GK Wapadrant, het die tema: Intimiteit met God so mooi toegelig en ons almal weer onder die indruk van hierdie groot gawe, maar ook groot verantwoordelikheid gebring! ‘n Baie groot dankie aan die bestuur en elke suster wat so hard gewerk het om ‘n sukses van hierdie dag te maak. Aan God al die eer!

IMG_0286IMG-20200312-WA0045IMG-20200125-WA0003

Dr Peet VermeulenSusters in kerkTafelversierings

15 Nov   Baie geluk aan 3 pragtige jongmense wat belydenis van geloof afgelê het – Franco du Plessis, Marié du Plessis en Wilmaré Labuschagne.  Ons bede is dat hul in die toekoms elke dag meer en meer sal groei in ‘n intieme verhouding met God.

Du Plessis - gesin Labuschagne - gesin

Corlia, Franco, Marié en Fanie du Plessis      Jan, Wilmaré, Wilna en Janrick Labuschagne

15 Nov   Baie welkom aan ds Harry Cilliers, emerituspredikant van Reitz en sy vrou, Rita.  Ds Harry het ingestem om vir ‘n tydperk as hulpdienspredikant van hierdie gemeente op te tree en ons bid ook vir hom en Rita God se ryke seën toe op hul dienswerk hier.

Harry en Rita Cilliers

Mag God ook in hierdie feesseisoen die middelpunt wees van ons lewens en laat dit ‘n ware Christusfees wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *