Nuwe Webwerf

Ons webwerf het ‘n splinternuwe baadjie gekry en ons sien baie daarna uit dit te begin gebruik.  Baie dankie aan Lanie Uys van <b>LEAF design wat al die harde werk gedoen het om dit op te stel en aan Martyn Nagtegaal vir die pragtige foto’s bo-aan die bladsy.  Die idee is dat die webwerf baie meer inter-aktief sal wees en ons sien baie daarna uit om terugvoer te kry van julle.  Ons is nog in die proses om seker te maak dat alles 100% werk,…

Basaar 2014: 7 dae oor!

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse basaar en die wiele spin behoorlik soos wat almal werk om alles voor te berei.  Kom besoek ons vir heerlike wildsbiltong, droë wors en vars wors, heerlike gebak (sout en soet), handwerk, juwele en al die eetgoed wat onlosmaaklik deel is van ‘n basaar.  Veral as die tema is: Uit toeka se dae.  Dan is daar natuurlik “Minute to win it” met ‘n moontlike prysgeld van R5 000.00! Datum en tyd:  Saterdag, 31 Mei 2014 vanaf 08:00. Plek: …

Informele bediening

Sondag, 15 Junie 2014 om 10:30. Kom vorm deel van ons splinternuwe bediening waar daar op ‘n meer informele manier gekyk word na temas, vrae, ens. wat veral op jonger mense gemik is.  Kontak gerus vir ds Garrie Schutte, sel 084 581 3999 vir meer inligting. Volgende onderwerp:  Wat sê opgrawings oor die waarheid van die Bybel?