pannekoek 6(1)

Pannekoekbak by SA Skole Netbalweek

pannekoek 6(1)172.5 kg koekmeel, 1 035 eiers, 11 lt asyn, 60 lt kookolie, 60 kg suiker, 2 kg kaneel, 2.5 kg bakpoeier, 6 x 9 kg gasbottels …. Kos vir ’n weermag? O nee, dit is die bestanddele wat gebruik is tydens bogenoemde aksie (01 – 04 Julie)! Daar is ± 7 500 pannekoeke gebak deur ’n handjievol staatmakers! Ons wil baie dankie sê aan almal wat kom bak het, party vir ’n paar ure, ander vir ’n dag of meer – almal het baie hard gewerk! Baie dankie vir elkeen wat in die aande help oppak en skoonmaak het en die ouens wat voor sonop alweer daar was om te begin bak! Baie dankie ook aan Margate Sportskool wat aan ons die geleentheid gebied het.  Die belangrikste van alles – ons wil God bedank vir die geleentheid en die ongelooflike seën daarop! Afgesien van die wonderlike wins wat ons gemaak het, was daar die onderlinge saamwerk, saamkuier en saamkla oor seer vingers, rue, ens. Net om te wys wat gedoen kan word – ons jongste helper is 13 jr oud en die oudste is 86! Die kommentaar oor die pannekoek was ongelooflik positief en die een dogtertjie wou weet of ons kondensmelk in die pannekoek gooi om dit so lekker te maak!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *