spesialedienste

Pinkster Sondag

Hierdie Sondag, 15 Mei 2016 herdenk ons weer die belangrike gebeurtenis toe God sy Heilige Gees gestuur het om in elkeen van sy kinders te kom woon.

Handelinge 2: 1 – 4:  Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.

Heidelbergse Kategismus, Sondag 20 

Vraag 53Wat glo jy van die Heilige Gees?

Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Ten tweede is Hy ook aan my gegee sodat Hy my deur ‘n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade,  my troos en ewig by my bly.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *