Reformasie 500: Luther, die inkpot en die duiwel

As toeriste die Wartburg kasteel besoek waar Luther die Bybel vertaal het, het die gids gewoonlik die groep na Luther se sel geneem waar ‘n donker kol teen die muur die inkvlek sou wees waar Luther die inkpot na bewering na die duiwel sou gegooi het. Die waarheid van die storie kan nie voor ingestaan word nie, maar dit is algemeen bekend dat Luther onder baie swaar aanvegtinge geleef het. Dit is ook verstaanbaar dat hy die teiken van hewige aanvalle sou wees. Die vertaling van die Bybel in Duits sou ‘n reuse deurbraak beteken vir die verkondiging van die suiwer evangelie. Luther skryf iewers dat, toe hy op ‘n keer weer aangeval word oor sy sondige toestand het hy vir die Bose gesê: “Goed, kom ons maak nou ’n lys van al my sondes”. ‘n Lang, lang lys is toe gemaak. “Is jy nou tevrede?”, het Luther gevra. Vat nou ‘n rooi pen en skryf in dik letters 1 Joh 1: 7: “Die bloed van Jesus Christus reinig van alle sondes.” Die duiwel het hom toe verlaat. Soos Jesus, wat die Bose telkens tydens sy versoeking in die woestyn, met die Woord geantwoord het. “Daarna het die duiwel hom verlaat” (Mat 4:11). Ook ons moet “die duiwel met die inkpot gooi” , die ink van die Woord. Dit is die enigste manier om staande te bly.

MJL

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *