Reformasie 500: Luther se bekering (1)

Dit was ‘n groot oomblik vir die jong priester, soos wanneer ‘n  predikant sy intreepreek lewer. Die galery sit vol familie en vriende. Ouers wat jare lank opgeoffer het om hulle kind te laat studeer is in die gehoor. Luther moet sy eerste mis bedien. Skielik word hy oorweldig deur die gewydheid van die oomblik. Hy moet die woorde sê : “Ons offer aan U, die lewende ware God”. Hy  versteen. Hy kan nie ‘n woord uitkry nie. Later skryf hy daaroor: “Ek was absoluut vreesbevange. Hoe kan ‘n menslike tong die majesteit van God beskrywe? As mense bewe voor ‘n koning of hooggeplaaste, wie kan staan voor die lewende God? Ek is stof en as. Hoe kan ek daardie woorde sê?” Iemand skryf hieroor. : “This glimpse of truth about the holiness of God and the sinfulness of man changed Luther forever”.
Is dit nie iets wat meer by ons aanwesig moet wees nie: Die bewussyn van die absolute heiligheid van God en my eie diepe verdorwenheid?
Volgende keer sien ons hoe Luther vrede gevind het.
MJL

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *