IMG_3215

Rommelverkoping, 01 Maart 2019

Ons rommelverkopings kom al ‘n lang pad – vanaf ‘n klein begin, waar ons hoofsaaklik op klere, skoene en beddegoed gekonsentreer het, tot waar ons nou al letterlik omtrent iets van enigiets het!  Winskopies vir almal!  Twee keer ‘n jaar het ons ‘n “Jumbo jumble sale” saam met ons basaar en hier gaan ons dan regtig groot!  Ons is baie sentraal geleë en ons begin ook vroeg sodat ons veral die hospitaalpersoneel wat skofte ruil en ander werkendes, kan akkommodeer.  Deur die jare het ons al ‘n hele aantal gereelde klante opgebou.  ‘n Baie spesiale dankie aan elke lidmaat wat so getrou sorg dat ons genoeg voorraad het (soms sommer ook by familie en vriende inoes) en elkeen wat so hard werk om alles voor die tyd te merk en dan natuurlik, wat help met die verkope (in die winter is dit sommer nog stikdonker as ons al begin om alles uit te pak)!  Sonder julle insette en samewerking sou ons dit nie kon doen nie en ons staan elke keer verstom hoe ver elke R2 en R5 item kom!  Hierdie rommelverkopings het al groot gate in ons gemeente se finansies toegemaak en ons dank God  vir Sy genade en sorg!  Vir meer inligting, kontak gerus ons kerkkantoor by gksuidkus@gmail.com.  (NS:  Die foto hierbo is van verlede jaar).

IMG_3256 IMG_3253 IMG_3249 IMG_3261 IMG_3257

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *