Inligting vir vakansiegangers
Ons verwelkom graag al die besoekers aan die Suidkus en wens hulle ‘n heerlike rustydjie toe. Net om dinge bietjie makliker te maak, hiermee inligting oor ons aktiwiteite gedurende die vakansie. Eredienste elke Sondag om 09:00. 16 Desember 2014 – Erediens om 09:00 by Nederduitsch Hervormde Kerk, Scottstraat 5, Port Shepstone. 25 Desember 2014 – Erediens om 09:00 in ons kerkgebou. 17, 23 en 30 Desember – Kom loer gerus in by ons pannekoekstalletjie by Margate Mardigrass, reg langs die poskantoor.