Dagstukkie, 29 Mei 2020, ds Garrie
Lees: Efesiërs 1: 3-14 (13-14) Almal van ons is in mindere of meerdere mate maar bekommerd oor die veranderinge wat tans plaasvind. Ons is maar onseker oor wat met ons gesondheid kan gebeur, veral nou dat die maatreëls meer verslap word. Gaan ek steeds veilig wees, of gaan ek siek word? Of is dit bloot ‘n vraag van: wanneer gaan ek siek word? Daar is groot onsekerheid oor die landsekonomie en hoe dit my sak in die toekoms gaan raak. Groot skuld is aangegaan deur…