Hemelvaartdag, 30 Mei 2019

Ons dink vandag aan hemelvaart. Dit is ‘n feesdag wat baie maklik by ons kan verbygaan. Tog is dit ‘n belangrike gebeurtenis. Jesus is nie meer liggaamlik met ons nie. Hy het die hemelse heiligdom ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn (Heb 9: 24). Hy dra ons belange daar op die hart en tree vir ons in by die Vader. Jesus tree met hemelvaart die hemelse heiligdom ook liggaamlik in om ‘n ewige verlossing tot stand te bring (Heb 9:…