Ons gemeente in 2024
So kom ons amper aan die einde van nog ‘n jaar – ‘n jaar vol vreugdes en hartseer, ‘n jaar van onsekerheid, maar ook ‘n jaar waarvan ons as gemeente kan getuig van God se ongelooflike sorg, liefde en seëninge! Ons gemeente is bevoorregd dat ds Abraham en Betsie Krüger die begin van die jaar by ons aangesluit het as ons hulpdienspredikantspaar en DV nog tot die einde van volgende jaar hier gaan wees. Ons bid hul die seën van God toe op hul dienswerk in ons…