Karnaval, 04 Junie 2016

Lus vir daardie spesiale tuisgebakte stukkie beskuit of ‘n vingerleklekker worsbroodjie? Wat van basaarpoeding, pannekoek, vetkoek met maalvleis of ‘n heerlike stukkie koek? Op soek na ‘n winskopie boek of plant? Of daardie skat by die wit olifanttafel wat net vir jou gewag het! En moenie die pragtige handwerk vergeet nie!  Nou ja, dan is ons basaar die 4de Junie net die ding.  Moet dit nie misloop nie! Ons skop reeds 8:00 af met ‘n heerlike boere-ontbyt: maalvleis, spek, eiers, tuisgebakte brood, ens.  Vir meer inligting…

Pinkster Sondag

Hierdie Sondag, 15 Mei 2016 herdenk ons weer die belangrike gebeurtenis toe God sy Heilige Gees gestuur het om in elkeen van sy kinders te kom woon. Handelinge 2: 1 – 4:  Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. Heidelbergse Kategismus, Sondag 20  Vraag 53: Wat glo jy van die Heilige Gees? Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Ten tweede is Hy ook aan my gegee sodat Hy my deur ‘n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade,  my troos en ewig by my bly.