Informele Bediening, 12 April 2015 om 10:30
Tatoeëring en “piercing” van my liggaam – in of uit? Al meer mense in die Westerse wêreld begin om hulle liggame te tatoeëer en allerlei “piercings” aan te bring. Sportmanne, skoliere, studente, motorfietsyers en ander bring so kleiner of groter veranderings aan hulle liggame aan. Hoe moet ons daaroor dink? Mag dit? Wat leer die Bybel ons? Verbied die Here dit? Wat hou dit in dat my liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is? Wat leer ons uit die sesde gebod daaroor? Kan ek…