Susterskuier, 08 Februarie 2025

Ons eerste susterskuier vir die jaar en wat ‘n heerlike geleentheid was dit nie! Die tafels was vrolik gedek en het gekreun van die eetgoed! Daar was ‘n bietjie erns, ‘n bietjie hartseer, baie dankbaarheid en tonne lag! Ons is op hoogte gebring van belangrike inligting van die bestuur se kant af, het gedeel in die swaarkry, oorwinning en geloof van iemand wat borskanker gehad het en toe het ons mekaar beter leer ken! Die kenmekaar was prettig met “musical chairs” oftewel kussing! Elkeen van…

GK Suidkus, 50 jaar

Dis met groot vreugde en dankbaarheid teenoor God vir sy genade dat ons ons gemeente se 50ste bestaansjaar kan vier op 02 en 03 Julie 2022. Die program sal DV soos volg wees: 02 Julie Voorbereidingsdiens met tee en verversings daarna 03 Julie Nagmaal en ‘n ete daarna Hiermee word alle oud-lidmate en ander belangstellendes hartlik uitgenooi om te kom deel in hierdie lofprysing tot eer van ons Here.  Almal wat met ons kan kom deel word gevra om Liana Schutte te kontak by 084 581…

Eredienstye gedurende Desember vakansie, 2021

GK Suidkus nooi alle vakansiegangers hartlik uit na ons eredienste, elke Sondag om 09:00 (h/v Colley en Bazley strate, Port Shepstone). Daar sal ook die volgende spesiale dienste wees: 16 Des Versoeningsdagdiens, 09:00 by die NH Kerk, Laer Suidkus (Scottstraat 3, Port Shepstone) 25 Des Kersdiens, 09:00 Ons bid alle besoekers ‘n veilige reis en ‘n rustige vakansie toe.

Algemene inligting

En so het die nuwe jaar sommer met verskerpte inperkingsmaatreëls begin en trek ons al in die tweede helfte van Januarie!  In ooreenstemming met die regering se regulasies is daar tans nie kontakeredienste nie.  Baie dankie aan ds Harry Cilliers wat elke Sondag ‘n oordenking uitstuur via Whatsapp.  Indien u belangstel om op die verspreidingslys te kom, stuur asb. ‘n epos aan: gksuidkus@gmail.com.  Die jaar se kalender is ook op die webwerf gelaai en is beskikbaar onder die bladsy: Kerkinligting – Suidkus Kalender.  Mag ons…

Oorsig – 2020

Die jaar 2020 is een wat nie sommer gou vergeet sal word nie en het ‘n groot impak op feitlik elkeen van ons gehad.  Tog kan ons aan die einde van die jaar terugkyk en God dank vir sy genade en versorging van ons gemeente.  Tot dusver het nie een van ons gemeentelede Covid-19 opgedoen nie en ons weet dit is net God se voorsiening.  Hier volg so ‘n kort oorsig oor ‘n paar gebeure die afgelope jaar: 02 Feb   Ds Garrie emeriteer en na…