Basaar, 29 Oktober 2016!!!!!

Ons hou weer heerlik basaar op Saterdag, 29 Oktober 2016 vanaf 09:00 tot 14:00.  Daar gaan heerlike tuisgebak wees soos koeksisters, melkterte, grootkoeke, beskuit, soutighede, ens.  Op soek na vroeë Kersgeskenke? Kom maak dan beslis ‘n draai by die handwerk-, boeke en plantestalletjies.  Vir daardie ekstra spesiale winskoop is daar die “Bie en koop” stalletjie.  Ons gaan ‘n heerlike plaasontbyt bedien (3 verskillende opsies) – mieliepap en skaaplewer, mieliepap en maalvleis of spek, eiers en maalvleis.  Al die ontbyte word bedien met uieringe, tamatie en…