Sustersbyeenkoms, 20 Augustus 2016

Wat ‘n heerlike middag was dit nie! Baie dankie aan Judy en die susters van blok 1 wat dit gereël het.  Afgesien van die gewone vergadering en lekker kuier en eet, wou ons ook meer hoor van moontlike omgeeprojekte waarby ons susters betrokke kan raak. Tharina Wessels van Palm Haven Ouetehuis in Umzumbe het ons meer kom vertel van hul werksaamhede.  Hulle versorg tans 21 bejaardes, waarvan heelwat van hulle Alzheimer lyers is. Ons wil graag veral fokus op die inwoners wat nie so gereeld besoeke ontvang…