Senior ete, 23 Okt 2019

Senior ete, 23 Okt 2019. Wat ‘n perfekte dag was dit nie – tot die weer het saamgespeel. Ons tema was lente en die geleentheid was beslis vrolik! Baie dankie aan elkeen wat dit bygewoon het, aan almal wat gehelp het om die wat nie meer so beweeglik is nie, daar te kry en veral aan die susters wat reggestaan het vir die aksie. Julle is sterre! Hier is so ‘n kykie na al die lekkerte!