Paasvakansie

Ons verwelkom alle vakansiegangers aan die Suidkus en wens julle ‘n heerlike rustydjie toe.  Ons eredienstye in ons kerkgebou (h/v Colley- en Bazleystraat, Port Shepstone)  is soos volg:  Vrydag, 25 Maart  –  09:00; Sondag, 27 Maart  –  09:00; Sondag, 03 April  –  09:00.  Kom kuier gerus ook by ons pannekoekstalletjie (langs die Poskantoor) tydens die Margate Mardigrass op 23 en 30 Maart.

Uitreikaksies

Dit is met groot dankbaarheid teenoor God dat ons kan berig dat daar heelwat mooi ontwikkelinge die afgelope tyd plaasgevind het op die gebied van uitreiking.  Dit sentreer veral om teologiese opleiding en die aanstelling van ‘n evangelis.  Ons bede is dat al hierdie aksies sal groei deur die werking van die Heilige Gees en van krag tot krag sal gaan. Docenda – Afstandsonderrig vir die BTh – graad in Teologie via die Noordwes Universiteit:  Tans is daar 3 eerstejaarstudente en een tweedejaarstudent.  Ds Garrie…