informeledienste

Informele bediening, 15 Maart 2015 om 10:30

informeledienste Tema: Sien jy die wolf in skaapsklere raak? Het iemand jou al bedrieg? Met woorde, deur iets anders voor te stel as wat dit werklik is, jou in ’n vangnet in te lei terwyl jy onder die indruk is jy kon daardie persoon vertrou? Word ons op allerlei terreine in die samelewing vadag nog steeds mislei? In die Bybel word ons baie keer gewaarsku teen bedrieërs. Paulus waarsku die gelowiges in die gemeente van Efese: “Maar bose mense en indringers sal floreer. Hulle sal aanhou om mense te mislei en hulle sal self mislei word” (2 Timoteus 3: 13). Die Bose hou daarvan om te mislei. Hy skroom ook nie om mense vir so ’n slegte doel te misbruik nie. Is ons skerp genoeg, ken ons die Bybel goed genoeg sodat ons nie ook gevang word nie? Kom ons toets onsself of ons gevang word of nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *