Fokustyd, week 5 – Donderdag
Donderdag – Jou verhouding met jou ouderling(e) 1 Tim 3: 1-7 God het jou spesifieke ouderling(e) vir jou gegee om jou af te rig en te ondersteun in jou dissipelskap. Soos enige afrigter, kan hulle beswaarlik help en raad gee as jy nie ‘n oop verhouding met hulle het nie. Is jou ouderling bewus van die dinge waarmee jy sukkel? Is jy bereid om hulle te vra om saam met jou te kom bid? Moenie God wantrou om jou ouderling as sy instrument in jou lewe te gebruik nie. Ouderlinge is nie volmaakte mense nie en het ruimte vir groei, maar God het gekies om julle bymekaar te pas. Bel hulle en gebruik hulle as deel van God se werk in jou lewe.