Informele Bediening
Wat het die “Noah”-fliek, die vraag of jy mag oordeel, die oerknal (big bang), ens. met mekaar in gemeen? Dit is alles vrae wat vanuit die jongere geledere uit die gemeente gekom het en tydens die laaste klompie Informele Bedieningsgeleenthede aangespreek is. Hierdie bediening is maar nog in sy kinderskoene en alhoewel die treë partykeer maar nog wankelrig is, kan ons net vir God prys vir sy seën op hierdie bediening. Vir die huidige vind dit die 2e Sondag van elke maand plaas om 10:30.…