informeledienste

Informele Bediening

informeledienste

Wat het die “Noah”-fliek, die vraag of jy mag oordeel, die oerknal (big bang), ens. met mekaar in gemeen?  Dit is alles vrae wat vanuit die jongere geledere uit die gemeente gekom het en tydens die laaste klompie Informele Bedieningsgeleenthede aangespreek is.  Hierdie bediening is maar nog in sy kinderskoene en alhoewel die treë partykeer maar nog wankelrig is, kan ons net vir God prys vir sy seën op hierdie bediening.  Vir die huidige vind dit die 2e Sondag van elke maand plaas om 10:30.  Die doelwit met die bediening is om op ‘n meer informele wyse kwessies en kwelvrae van ons jonger lidmate en hulle ouers aan te spreek.  Indien daar enige voorstelle vir onderwerpe of vrae rondom die bediening is, stuur gerus ‘n e-pos aan: gksuidkus@gmail.com en ons kontak jou so gou moontlik.  Die volgende geleentheid vind DV op Sondag, 10 Augustus om 10:30 plaas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *