Algemene inligting vir derde kwartaal
So begin ‘n nuwe kwartaal te midde van heerlike reën en lekker koue weer! Ons wil graag alle ouers, skoliere en kategete ‘n voorspoedige kwartaal toewens. Sterkte veral vir die matrieks vir wie die tyd nou vinnig minder word! Soos gewoonlik is dit ‘n vol kwartaal met allerhande aktiwiteite, so loer gerus by “Aktiwiteite” om te sien wat alles gaan gebeur die volgende paar maande en dagboek dit sommer solank. Ds Garrie gaan volgende week die algemene vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging te Potchefstroom…