Ons hou weer heerlik basaar op Saterdag, 29 Oktober 2016 vanaf 09:00 tot 14:00. Daar gaan heerlike tuisgebak wees soos koeksisters, melkterte, grootkoeke, beskuit, soutighede, ens. Op soek na vroeë Kersgeskenke? Kom maak dan beslis ‘n draai by die handwerk-, boeke en plantestalletjies. Vir daardie ekstra spesiale winskoop is daar die “Bie en koop” stalletjie. Ons gaan ‘n heerlike plaasontbyt bedien (3 verskillende opsies) – mieliepap en skaaplewer, mieliepap en maalvleis of spek, eiers en maalvleis. Al die ontbyte word bedien met uieringe, tamatie en tuisgebakte brood en gratis tee/koffie. Koste is R45.00 p.p. en kaartjies kan vooraf gekoop word by Jan Aucamp, sel 082 874 1688. Moet ook nie al die ander heerlike eetgoed misloop nie! Vir meer inligting skakel gerus vir Liana Schutte, sel 084 581 3809 of Doug Hannaway, sel 082 784 3511.
