Ons verwelkom alle vakansiegangers aan die Suidkus en wens julle ‘n heerlike rustydjie toe. Ons eredienstye in ons kerkgebou (h/v Colley- en Bazleystraat, Port Shepstone) is soos volg: Vrydag, 25 Maart – 09:00; Sondag, 27 Maart – 09:00; Sondag, 03 April – 09:00. Kom kuier gerus ook by ons pannekoekstalletjie (langs die Poskantoor) tydens die Margate Mardigrass op 23 en 30 Maart.