Nuuswaardighede

Hemelvaartdiens, 05 Mei 2016

Op Donderdag, 05 Mei 2015 het ons weer die geleentheid om hierdie spesiale gebeurtenis te herdenk.  Ons nooi almal hartlik uit om ons erediens om 18:00 by te woon.

HK Sondag 18, vraag 49:  Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?

Antwoord:  Ten eerste dat Hy in die hemel ons Voorspraak by die Vader is.  Ten tweede dat ons ons menslike natuur in die hemel as ‘n betroubare waarborg het dat Hy, as die Hoof, ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem.  Ten derde dat Hy sy Gees as waarborg na ons toe stuur, deur wie se krag ons soek wat daar bo is, waar Christus aan die regterhand van God sit en nie wat op die aarde is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *