Baie geluk aan ons 3 Docenda studente – Sifiso, Kutazwa en Klaas – met hul uitslae van die eerste semester van hul BTh – graad. Hulle moes somtyds onder baie moeilike omstandighede skouer aan die wiel sit en veral die Grieks en Hebreeus het baie slapelose nagte veroorsaak! Hulle het egter vasgebyt en die vrugte gepluk! Ons is trots op hulle!