Basaar, 29 Oktober 2016!!!!!
Ons hou weer heerlik basaar op Saterdag, 29 Oktober 2016 vanaf 09:00 tot 14:00. Daar gaan heerlike tuisgebak wees soos koeksisters, melkterte, grootkoeke, beskuit, soutighede, ens. Op soek na vroeë Kersgeskenke? Kom maak dan beslis ‘n draai by die handwerk-, boeke en plantestalletjies. Vir daardie ekstra spesiale winskoop is daar die “Bie en koop” stalletjie. Ons gaan ‘n heerlike plaasontbyt bedien (3 verskillende opsies) – mieliepap en skaaplewer, mieliepap en maalvleis of spek, eiers en maalvleis. Al die ontbyte word bedien met uieringe, tamatie en…