Basaar 2016

Karnaval, 04 Junie 2016

Lus vir daardie spesiale tuisgebakte stukkie beskuit of ‘n vingerleklekker worsbroodjie? Wat van basaarpoeding, pannekoek, vetkoek met maalvleis of ‘n heerlike stukkie koek? Op soek na ‘n winskopie boek of plant? Of daardie skat by die wit olifanttafel wat net vir jou gewag het! En moenie die pragtige handwerk vergeet nie!  Nou ja, dan is ons basaar die 4de Junie net die ding.  Moet dit nie misloop nie! Ons skop reeds 8:00 af met ‘n heerlike boere-ontbyt: maalvleis, spek, eiers, tuisgebakte brood, ens.  Vir meer inligting kontak gerus vir Liana Schutte by sel 084 581 3809.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *