Basaar, Mei 2019
Wat ‘n heerlike kuierdag was die basaar nie! Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier deelgeneem het! Alle lof en dank aan God wat ons so ryklik seën!
Wat ‘n heerlike kuierdag was die basaar nie! Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier deelgeneem het! Alle lof en dank aan God wat ons so ryklik seën!
Nog net 5 slapies voor die basaar (04 Mei) en die opgewondenheid loop hoog! Maak gerus ‘n nota in jou dagboek dat jy dit nie misloop nie! Daar gaan ‘n heerlike ontbyt wees van roereiers, spek, kaasworsies, plaatkoekies en nog lekker dinge, heerlike sosaties, jafels, poeding, boereworsbroodjies en sommer baie meer! Die handwerk is pragtig en kreatief, die gebak uit die boonste rakke en plante te kus en te keur. By ons “Jumbo jumble sale” op 03 Mei en die wit olifanttafel op 04 Mei,…
Dis weer amper sulke tyd! Ons hou op 03 Mei ons “Jumbo Jumble Sale” vanaf 06:30 waar jy letterlik enigiets van ‘n kopspeld tot haarkrullers en alles tussenin, kan kry! Vir meer inligting hieroor, kontak asb. vir Ina Louw. Die “oggendstond het goud in die mond”, so ons sien jul vroeg-vroeg! Saterdag, 04 Mei begin ons basaar om 08:00 en hier kan jy heerlike eetgoed, ‘n spesiale ontbyt, plante, handwerk, tuisgebak en nog meer, kom geniet! Doug Hannaway en Liana Schutte kan help met meer…