Fokustyd, week 1, Dinsdag en Woensdag

Dinsdag – Missie nie gekanselleer nie!?

o Genesis 3, veral vers 6 + 7
o Met watter leuen het die slang Eva verlei?
o Hoe is dit direk in teenstelling met die doel van die mens se skepping?
o Wat is merkwaardig oor God se karakter en gedrag in hierdie gebeure?

Selfs na die mens se val, sit God die mens agterna as gevolg van sy genadige aard en nie as gevolg van die mens se meriete nie. Hierdie daad op sigself dui op die evangelie van God se genade in Jesus, hier belowe as die saad van Eva wat die Satan sal vermorsel aan die kruis. God bly by sy missie en berei sake vir ons voor om weer deel te kan neem aan sy verheerliking. Selfs ons verwoestende val in ontrouheid, wat veroorsaak dat hartseer en pyn in ons wêreld vandag is, keer God nie om my en jou weer in Sy teenwoordigheid en missie in te trek nie. Waar kan jy Hom aan jou voel trek? Adam, waar is jy? Bid hieroor.

Woensdag – Die omvang van die missie

o Genesis 17: 1-8; Gal 3: 7-9; Fil. 2: 9-11
o Met hoeveel mense wou God eindig toe Hy met Abram begin het? (v2)
o Was God net in die bloedfamilie van Abram geïnteresseerd?
o Hoe wyd het God gemik met sy missie?

Om deel van die missie van God te wees is om deel te wees van die enkele grootste en langste projek in die kosmos. Dit strek nie net oor ʼn lang tyd nie maar sluit ook mense in uit elke nasie op aarde. Dit is massief en in werklikheid net die regte grootte om die krag van God vir alles in die hemel en op aarde te wys. Die enigste vereiste om hiervan deel te wees is om jou sondige selfsug te bely en te vertrou in die reddende genade van God. Hy laat jou dan weer toe om aan te sluit by dieselfde missie wat God belowe het om met Abraham te begin. Is jy deel daarvan? Bid hieroor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *