IMG_3215

“Jumbo jumble sale”, 03 en 04 Mei 2018

Na baie weke se mooivra vir voorraad (en die gemeente se oorweldigende reaksie op die versoeke), baie ure se uitsorteer en prys, soek na plek om alles te bêre (die stoorkamer is vol, die gat is vol, die kantoor is vol) het die groot dag uiteindelik aangebreek!  Van vroegdag af het Hester en haar span (Judy, Mariana en Hettie – met seer arm en al) begin brood smeer en jaffles bak, die tafels is reggesit (olv Gert) en toe begin die groot uitpak!  Die twee Inas was aan die spits van sake en Doug, Franci en Liana het gehelp om alles net reg te kry!  Met groot afwagting het ons die deure om 16:00 oopgemaak en vir die volgende 2 ure het dit rof gegaan!  Ds Garrie moes ook later hand bysit en help met die verkope! Met seer voete, rue en lywe en groot dankbaarheid in ons harte, het ons die dag afgesluit, reg vir Vrydag se verkope! Met die “usual suspects” daar en Chris en Magda wat bygekom het, het ons die nuwe dag met nuwe moed aangepak! En weereens het God ons sò ryklik geseën dat ons maar net kan sê:  Aan God kom toe al die eer en lof! Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier bygedra het tot die sukses van die rommelverkoping.  Hier was dit nou werklik ‘n geval van: “die een se weggooigoed is ‘n ander een se skatte!”  Die jaffleverkope was ook so ‘n reuse sukses dat ons beslis weer ‘n plan sal maak! Baie dankie ook aan almal wat gehelp het om bestellings te neem.  En so begin ons sommer al dadelik weer beplan aan Oktober se “Jumbo jumble sale”!

IMG_3249 IMG_3261 IMG_3253IMG_3257 IMG_3256 IMG_3253 IMG_3250 IMG_3248 IMG_3246 IMG_3245 IMG_3243 IMG_3239

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *