Ons wens alle besoekers en swaeltjies ‘n baie lekker rustydjie toe. Net vir algemene inligting die volgende:
* Erediens, 09:00
* Pannekoekbak by Margate Mardigrass – elke Woensdagaand van die vakansie. Kom besoek ons gerus by ons stalletjie langs die Poskantoor.
* Swaeltjies – voltooi asb. die inligtingsvorm wat in die voorportaal beskikbaar is, sodat ons kan kontak hou terwyl julle hier by ons kuier.
Lekker kuier!